Die klokke lui, maar die laning is leeg vanoggend.
Goeiemôre
Dit is Piet Croucamp hier. Ek staan vandag in vir Anneliese wat die naweek na familiesake moes omsien.
Die NG Kruisgemeente in Melville se kerktoring beier deesdae net kortstondig; met begrafnisse, of sporadies op Saterdae met ‘n troue en dan die effe treurige eerste gelui op Sondae. Om die waarheid te sê, eintlik het ek lanklaas God se stem hoor roep na die ylbevolkte Christendom wat nog oor is in die metropolitaanse Melville.
Sondae in hierdie deel van Johannesburg is byna sonder uitsondering salig, veral in die herfsmaande wanneer die rye plataanbome hulle blare afgooi en alles wat groen was grys-geel word. Alles verlangsaam, selfs die horlosies draal.
Ek stap in die skemeraand in my woonbuurt toe die boodskap op my foon verskyn, “Marlene het kanker”. Ek stap afgetrokke en lam geskok tot by my huis en gaan lê op my bed in die donker. ‘n Boodskap kom deur, saaklik; “Ja, ek het borskanker, hier is die proses en prosedure wat die diagnose sal bestuur”. Ek wonder of sy ooit deur enige iets onkant gevang word…